0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R500 - R1,000 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Toegepaste Taalkunde In Afrikaans (Afrikaans, Paperback): W.A.M. Carstens, T.J. van Dyk Toegepaste Taalkunde In Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
W.A.M. Carstens, T.J. van Dyk
R800 R732 Discovery Miles 7 320 Save R68 (8%) Ships in 7 - 10 working days

Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het. Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir 'n publikasie oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans le die veld dus braak. Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline (wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in hierdie proses behoorlik gevestig te kry. Dit word gedoen met die hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in Suid-Afrika werk - nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks nie, maar ook talle wat primer in Engels werk. Die gesamentlike kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op 'n kragtige wyse byeengebring. Die uiteenlopende komponente van die toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak vir 'n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in die taalkunde. Om hierdie rede is dit 'n boek wat verdien om gelees en gebruik te word.

Norme vir Afrikaans - Moderne standaardafrikaans (Afrikaans, Paperback, 6th ed): W.A.M. Carstens Norme vir Afrikaans - Moderne standaardafrikaans (Afrikaans, Paperback, 6th ed)
W.A.M. Carstens
R700 R647 Discovery Miles 6 470 Save R53 (8%) Ships in 7 - 10 working days

Norme vir Afrikaans (nou reeds in 'n sesde uitgawe) het sedert 1989 bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die boek is aan die een kant 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek en die wye gebruik daarvan. In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel "Moderne Standaardafrikaans", wat 'n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir 'n nuwe geslag gebruikers. Die riglyne van die elfde uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.

Kontemporere Afrikaanse taalkunde (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): W.A.M. Carstens, N. Bosman Kontemporere Afrikaanse taalkunde (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
W.A.M. Carstens, N. Bosman
R780 R716 Discovery Miles 7 160 Save R64 (8%) Ships in 7 - 10 working days

In die afgelope bykans 30 jaar het 'n groot leemte ontstaan aan omvattende verwysingsbronne en handboeke in die Afrikaanse taalkunde wat op universiteitsvlak voorgeskryf kan word. In 2014 word hierdie leemte gevul deur Kontemporere Afrikaanse Taalkunde. Die feit dat 'n tweede, hersiene uitgawe slegs drie jaar later verskyn, beklemtoon weereens die groot behoefte aan so 'n bron. Die samestelling van hierdie boek bied 'n nuwe blik op die taalkunde en het wye gebruikspotensiaal omdat dit die kernvelde van die taalkunde, en in die besonder van die Afrikaanse taalkunde, dek. Sodoende gee dit nuwe lewe aan 'n belangrike komponent in die bestudering van die Afrikaanse taal: die taalkunde en alles wat daarmee saamhang. Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek, taalverwerwing en die normatiewe taalkunde. Al die bestaande hoofstukke is op datum gebring, en 'n ekstra hoofstuk oor sintaksis is bygevoeg om nuwer sieninge te weerspieel. Bydraes deur spesialiste in die onderskeie velde bied daarom die nuutste navorsing en 'n verskeidenheid teoretiese vertrekpunte met die Afrikaanse taalkunde as fokus. Nuwe en moontlik selfs omstrede standpunte sal akademiese gesprek stimuleer, terwyl elke hoofstuk nasionale en internasionale ontwikkelinge op die bepaalde gebied voorle aan 'n nuwe geslag studente, onderwysers, akademici en taalpraktisyns.

Norme vir Afrikaans - Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans (Afrikaans, Paperback, 5th ed): W.A.M. Carstens Norme vir Afrikaans - Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans (Afrikaans, Paperback, 5th ed)
W.A.M. Carstens
R700 R647 Discovery Miles 6 470 Save R53 (8%) Ships in 7 - 10 working days

Norme vir Afrikaans het oor jare al bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiere instellings en selfs in skole. Die titel is 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. In die aanpak word probeer om taalteorie en taalpraktyk te versoen. In die besonder fokus die boek op die "norme" wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afrikaans, o.m. die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng "normatief" te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee met die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent. Die riglyne van die tiende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreels (AWS) (2009) is ook volledig in hierdie uitgawe verreken.

Afrikaanse Tekslinguistiek - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, Re-issue): W.A.M. Carstens Afrikaanse Tekslinguistiek - 'n Inleiding (Afrikaans, Paperback, Re-issue)
W.A.M. Carstens
R885 R804 Discovery Miles 8 040 Save R81 (9%) Ships in 7 - 10 working days

Hierdie is die eerste werklik omvattende boek in Afrikaans oor wat die tekslinguistiek as vakgebied behels. 'n Heel nuwe terrein vir taalkundige navorsing in Afrikaans word ontgin, want die klem val in die besonder op die insigte wat 'n studie van taaltekste (dus groter as die enkelsin) meebring. In hierdie opsig behoort die boek vir studente in die taal- en letterkunde asook almal wat belangstel in effektiewe kommunikasie van groot waarde te wees - as naslaanbron, maar veral as bron waarin 'n volume kennis byeengetrek is wat verdere selfstandige navorsing kan stimuleer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Amos Red Glue Stick (8g)
R10 Discovery Miles 100
GM Bowling Machine Ball (Pink)
R96 Discovery Miles 960
Docking Edition Multi-Functional…
R899 R500 Discovery Miles 5 000
She Is Safe - An Exposé Of The Dark…
Emma van der Walt Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
Unicorn Core 75 Flights (Blue & White…
R29 R26 Discovery Miles 260
Pure Pleasure Electric Over Blanket
R1,337 Discovery Miles 13 370
The Walking Dead - Season 1 / 2 / 3 / 4
Andrew Lincoln Blu-ray disc  (1)
R288 Discovery Miles 2 880
Jeronimo Walkie Talkie Game
 (2)
R360 R328 Discovery Miles 3 280
Jumbo Puzzle Mates Puzzle & Roll Storage…
 (4)
R699 R639 Discovery Miles 6 390
Bestway Beach Ball (51cm)
 (2)
R26 Discovery Miles 260

 

Partners